Laerskool Standerton is geaffilieer by die Kultuurraad van Standerton. Ons neem elke tweede jaar deel aan hulle Kunswedstryd.

Simoné Schoeman, Graad 7 leerder van Laerskool Standerton, se kunswerk is vanjaar (2019) vir die kunswedstryd ingeskryf en sy het 'n volle 100% behaal - Stannies maak geskiedenis!

Seniorkoor (Graad 4-7)

Hierdie groepie bestaan uit ongeveer 50 leerders wat gekeur word op grond van sang, suiwerheid en ritmiese vermoë. Hulle neem elke jaar aan konserte en kooraande deel.
OEFENTYE:
WOENSDAE 13:40 - 14:40

Juniorkoor (Graad 1-3)

Hierdie groepie bestaan uit ongeveer 50 leerders wat gekeur word op grond van sang, suiwerheid en ritmiese vermoë. Hulle neem elke jaar aan konserte en kooraande deel.
OEFENTYE
WOENSDAE 13:40-14:40

Vergaderingtye: 07:15 in Juf. Elize se klas.

Elke Woensdagoggend vergader die leerders van Graad 1 - 7 rondom die Woord van God.