TUIS

Haas Das se geskiedenis het in 1977 onstaan, bloot deur die behoefte aan hoë standaard onderrig vir kleuters in ‘n liefdevolle, gedissiplineerde atmosfeer.

 

Die Pre Primêre Skool Haas Das open sy deure op 12 Januarie 1977 onder beheer van die TOD.  Die skool se geboue is opgerig in 1921 en was eers gebruik as ‘n Hoërskool en daarna as ‘n Junior skool (Standerd 7 tot Matriek).


'n brief van die hoof!

Liewe Ouers

 

Om kindertjies te leer tel is goed en wel, maar om hulle te leer wat in die lewe tel is nog belangriker.

 

By Pre Primêre Skool Haas Das streef ons saam as ‘n bekwame en entoesiastiese span daarna om elke kleuter as individu te sien en elke kleuter se potensiaal ten volle te ontwikkel en te ontgin.  Om elke kleuter in totaliteit speel-speel skoolgereed te kry deur baie omgee, drukkies en liefde.

 

Elke Juffrou leef haar Godgegewe opdrag met passie en liefde uit en gaan uit hul pad uit om elke kleuter geborge en geliefd te laat voel.

 

Ons werk in noue samewerking met Laerskool Standerton se Grondslagfase om te verseker dat ons kleuters se oorgang na Graad 1 so vlot as moontlik verloop.

 

Kom besoek ons gerus. My deur staan altyd oop vir u as ouer.

 

 

❤️Me Lalla Fick

Hoof

Pre Primêre skool Haas Das

 

Juffrou Lalla Fick - Haas Das Pre-Primêr Skoolhoof

haas das se missie en visie

haas das se nuuskas!

Ons nuuskas verskyn een maal per maand – Kry die nuutste nuus hieronder!

Volg ons op sosiale media!