8 April 2021
Laerskool Standerton pak hierdie jaar weer ‘n broodnodige fondsinsamelingsprojek aan, naamlik die Graan- en Speenkalfkoning van 2021. Onder die onseker Covid-omstandighede tans, gaan hierdie fondse aangewend word vir instandhouding van veral die skoolgebou se dakke.
Die Graankoning van 2021
Hierdie afdeling behels een of meer hektaar/e mielies en/of sojabone wat ingeskryf word. André Liebenberg hanteer die taksasie van die graan.
Die opbrengs word bepaal deur die handoes-metode waar die stand per hektaar en die graangewig per plant bepaal word. Die graan word geweeg op ‘n herlaaiskaal om dan die uiteindelike gewig per hektaar te bereken.
Daar word op twee punte per land getakseer – een deur die boer uitgewys en een deur die takseerder binne ‘n 100m radius vanaf die boer se punt.
‘n Gemiddeld word bereken tussen hierdie twee punte. Die opbrengs (in tonne) word deur die boer gelewer op Laerskool Standerton se naam.
Die Speenkalfkoning of -koningin van 2021
Hierdie afdeling behels dat een of meer kalwers ingeskryf word met ‘n minimum gewig van 200kg. Indien u nie u eie kalf wil skenk nie, maar steeds betrokke wil wees, tref ons ‘n reëling met Carel Davel om namens u ‘n kalf aan te koop op ‘n veiling.
Hierdie kalwers word dan voor einde Mei in ‘n voerkraal gesit en hul groei-indeks word ná die voertydperk bepaal.
Hiervoor word ‘n Voermol-rekenaarprogram gebruik, opgestel deur Ulrich Muller.
Faktore wat in ag geneem word is: Beginmassa, eindmassa,GDT, voerinname per dag, voeromset, voerperiode, uitslagpersentasie en karkasgewig.
Die uitgawes word dan bereken (voerkoste en slagkoste). Die opbrengs uit die verkoop van die kalf word aan die skool geskenk.
Die kalf/inskrywing wat die meeste wins toon (m.a.w. grootste bedrag aan die skool geskenk), word gekroon as die wenner.
Die wenners sal aangekonding word by die Gala-funksie D.V. op 18 September 2021.
Alle inskrywings en borge gaan uitgenooi word om saam te kuier. Tydens hierdie geleentheid sal die wenners (1ste, 2de en 3de plekke) vir sojabone, mielies en speenkalwers aangekondig word, asook gelukkige trekkings. Die res van die posisies sal individueel aan elke deelnemer gegee word.
Ons benodig egter ook kontantborge (minimum van R5000 per borg) en borge vir pryse om te verseker dat die projek ‘n reuse sukses is.
Alhoewel ons vorige jare positiewe terugvoer gekry het oor hierdie projek, probeer ons steeds elke jaar verbeter.
Baie boere, besighede en individue is reeds betrokke hierdie jaar en het al ingeskryf.
Ons is dankbaar vir almal se lojaliteit teenoor ons skool.
Hiermee neem ons vrymoedigheid om u as individu of u maatskappy te vra om ons projek te borg.
Dit bied die geleentheid om u maatskappy te adverteer by ons Gala-funksie.
Vir enige verdere navrae kontak gerus een van die volgende organiseerders:
Celeste Hipkin 079 694 3333 celestehipkin@gmail.com
André Liebenberg 082 321 9409 aliebenberg@twkagri.com
Hiermee Laerskool Standerton se bankbesonderhede:
Rekening naam: Laerskool Standerton
Bank: ABSA
Bank kode: 632 005
Bank rekening nommer: 01001050920
Gebruik asseblief die volgende verwysing indien u ‘n elektroniese oorplasing doen:
“Graanprojek” of “Kalfprojek” + u of u Maatskappy se naam.
Byvoorbaat dankie vir u bereidwilligheid om deel te wees van die projek.
CC Hamman
HOOF
Laerskool Standerton is embarking on a much-needed fundraising project again this year, namely the Grain and Weaner Calf Champion of 2021. Under the current uncertain Covid circumstances, these funds will be used for the maintenance of the roofs of the school building in particular.
The Maize Champion of 2021
This section comprises one or more hectares of maize and / or soya beans to be entered into the competition. André Liebenberg handles the assessment of the grain. The yield is determined by the harvest method where the amount of plants per hectare are counted and the grain weight per plant is determined. The grain is weighed on a reloading scale to then calculate the final weight per hectare. It is assessed at two points per land – one pointed out by the farmer and one by the assessor within a 100m radius from the farmer’s point. An average is calculated between these two points. The proceeds (in tons) are delivered by the farmer in the name of Laerskool Standerton.
The Weaner Calf Champion of 2021
This section involves entering one or more calves with a minimum weight of 200kg. If you do not want to or don’t have a calf of your own to donate, but still want to be involved, we will make an arrangement with Carel Davel to buy a calf at an auction on your behalf. These calves are then placed in a feedlot before the end of May and their growth index is determined after the feeding period. A Voermol computer program, compiled by Ulrich Muller, is used for this.
Factors that are taken into account are: Initial mass, final mass, GDT, feed intake per day, feed conversion, feed period, result percentage (slaughter) and carcass weight. The expenses are then calculated (feed costs and slaughter costs). Proceeds from the sale of the calf are donated to the school. The calf / entry that shows the most profit (i.e. the largest amount donated to the school), is crowned as the winner.
The winners will be announced at the Gala function D.V. on September 18, 2021. All entries and sponsors will be invited to attend the function. During this event, the winners (1st, 2nd and 3rd places) for soya beans, maize and weaner calves will be announced, as well as lucky draws. The results of the rest of the positions will be given individually to each participant.
However, we also need cash sponsors (minimum of R5000 per sponsor) and sponsors for prizes to ensure that the project is a huge success. Although we have received positive feedback from this project in previous years, we are still trying to improve every year. Many farmers, businesses and individuals are already involved this year and have already signed up. We are grateful for everyone’s loyalty to our school.
We would like to take this opportunity of asking you as an individual or your company to sponsor our project. It provides you with the opportunity to advertise your company at our Gala function.
For any further enquiries, please contact one of the following organizers:
Celeste Hipkin 079 694 3333 celestehipkin@gmail.com
André Liebenberg 082 321 9409 aliebenberg@twkagri.com
Herewith Laerskool Standertons banking details:
Account name: Laerskool Standerton
Bank: ABSA
Branch code: 632 005
Bank Account Number: 01001050920
Please use the following reference when doing an electronic transfer:
“Grain Project” or “Calf Project” + your or your Company’s name.
Thank you in advance for your willingness to be a part of the project.
CC Hamman
PRINCIPAL