Kliek hier om ons skoolreëls af te laai. Click here to download our school rules.
↓
Busroetes: Daar is geen busroetes. Leerders moet af- en opgelaai word by die koshuis se parkeerarea of by die area naby die Juniorklasse. Leerders mag nie by die voorhek op- of afgelaai word nie. Indien ouers hulle kinders vroeër wil afhaal, moet hulle deur die betrokke persoon by die kantoor uitgeteken word. Indien dit nie deur die ouer of voog is nie, moet die verantwoordelike persoon 'n brief van die ouer of voog inhandig..
Vrydagklere: Stannie Maroen-en-wit hempie en swart Stannie-broekie, tekkies met wit of maroen skoolkouse
Windjakker: • Maroen Seil windjakker. Geen softshell baadjies. Skoolserpe, handskoene: • Effekleur, swart, wit of maroen Sweetpak: Maroen Stannie sweetpak (word slegs gedra met sportgeleenthede en Vrydae as dit koud is) met tekkies. Geen mode tekkies word toegelaat nie.
Gebruikte klere is beskikbaar by die skool teen bekostigbare pryse. Kontak Juf. Myra vir reëlings in die verband. Graad 7-leerders se ouers asook ouers wat verhuis en ouers wie se kinders se skool- en sportklere tans te klein is, word genooi om dit vir ons aan te bied vir die verkoop daarvan.
Vorderingsverslae word aan die einde van die eerste, tweede en aan die einde van die jaar na die ouers gestuur.
Die winkel is op die terrein geleë, en verkoop, versnapperinge, skooldrag, sportdrag, sporttoerusting, skryfbehoeftes en meer!